Ask an expert
Question

23 Jan 2003

Pyne bokant hart en pyn onder regter rib area
Ek het 'n so 2 weke gelede 'n skerp steekpyn bo-kant my hanrt gekry. Dit het slegs sekondes geduur en het weer verdwyn. Ek ervaar die afgelope 3 dae 'n drukkende pyn aan die linkerkant van my bors, net bokant my hart (waar 'n mens se bors begin). Die pyn kom en gaan. Die pyn is slegs gedurende die dag daar. My GP sê dat my bloeddruk en hartklop normaal voorkom. Hy weet nie eintlik wat dit is nie. Het geen medikasie gegee nie. Hy sê dit kan moontlik 'n spier wees. Wat kan die pyn veroorsaak? Ek het geen oefeninge gedoen dat ek 'n spier sou seermaak nie. Kan dit wees dat ek 'n mantelvliesbreuk het? (Ek het 'n paar maande gelede (Julie 2002) vir 'n klompie weke erg sooibrand gehad, veral wanneer ek sitrus vrugte geeet het. Ek kon ook nie water drink nie - dit het ook die sooibrand vererger. Wanneer ek op my borsbeen gedruk het, was dit baie gevoelig. My maag het baie vol gevoel al het ek slegs 'n broodjie geeet. My stembande was ook aangetas van die suur wat teruggestoot het, dit het geklink asof ek laringhitis het. Wanneer ek sluk het dit gevoel asof daar 'n knop in my keel is. Dit was baie ongemaklik. Ek was by die internis en sy het vir my pille gegee om te drink en die simptome het opgeklaar. Sy sê dit kan moontlik stres wees en ook 'n spastiese dikderm. Die sooibrand was weg vanaf Sep. - Nov. en gedurende Des. het ek vir amper 'n week weer die brandgevoel in my keel ervaar en net onder my borsbeen was dit gevoelig. Dit het vanself weer weggegaan. Tot vandag het ek nie weer sooibrand simptome ervaar nie, maar nou het ek weer 'n ander pyn ontwikkel.

Ek het die afgelope 7 weke 'n knaende pyn onder my regter rib. Die pyn voel partykeer soos wanneer jy mildsteek het, asof iets vasgeknyp word, ander kere is dit slegs 'n dowwe kloppende, ongemaklike pyn. Die pyn trek partykeer tot aan die agterkant van my ribbes na my rug se kant. My laaste 2 ribbes voel seer wanneer daar op hulle gedruk word, maar die pyn is onder my ribbes, meer in die vleis. Ek was by die GP en hy het gesê dat daar geen swelling van my lewer gevoel kan word nie. Hy het ook 'n sonar gedoen en my lewer en galblaas lyk 100% reg. Hy het gesê hy dink dit is 'n spier wat seergemaak is. Ek kan dit nie verstaan nie, want ek oefen die afgelope paar maande glad nie. As dit 'n spier is, behoort dit pyn mos allankal opgeklaar het. Ek het gisteraand toe ek wou eet, weer die pyn gekry asof iets vasgeknyp word (dit het vir 'n paar minute geduur en toe was dit weer weg). Dit is baie seer, en dit voel asof iets wil bars - dit is baie ongemaklik en baie seer. Kan dit 'n verwysde pyn wees. Ek het 5 jaar gelede 'n liesbreuk operasie gehad. Wanneer ek baie lank staan brand dit baie. Daar is geen bult wat in my lies uitstaan nie, maar dit help wanneer dit pyn as ek daarop druk.

Ek wil nie weer na my GP gaan vir 'n ondersoek. Na watter dokter kan u my aanbeveel? Wat is die verskil tussen 'n chirurg en internis?

Kan u asb. ook die volgende vir my e-mail "non-cardiac cause of chest pain".

Baie dankie.
Jo
Answer 60,619 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Jo, van hierdie kant van die skerm af klink dit asof die probleem iets met jou spysverterings kanaal te doen het. Ek kan bly raai to volgende week, maar ek dink die beste sal wees om ‘n gastroënteroloog te sien.
Ek kry nie die vrae by dieselfde plek waar jy hulle pos nie, dus weet ek nie wat jou e-pos adres is nie. Stuur dit vir my by netdoc@mweb.co.za en ek stuur ‘n kopie vir jou. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9324 votes
No
67% - 18754 votes
Vote