Ask an expert
Question

12 Feb 2009

Raad om gewig te verloor
Hallo Dietdoc

Ek is 26 jaar oud, weeg tans 61kg en is 1.63m lank. Ek wil baie graag 58kg weeg aangesien dit vir baie jare my gewig was. Ek het laasjaar heeljaar ongeveer 4 tot 5 dae per week vir ongeveer 45 minute per dag gestap en gelet op wat ek eet. Dit het baie gehelp dat ek my gewig tussen 59 en 60kg kon hou. Ongelukkig kon ek nog nie hierdie jaar weer begin stap (weens verskeie redes) en ek het ook nie werklik gelet op wat ek eet nie. Ek het egter besluit om weer te begin stap en te let op wat ek eet.

Hoeveel KJ sou u voorstel moet ek per dag inneem om sodoende die 3kg te verloor? Is stap voldoende oefening vir gewigsverlies?

Ek sukkel om soggens ontbyt te eet, maar ek weet dit is baie belangrik. Waar ek bly kan ek nie altyd vars vrugte kry nie. Sal dit reg wees as ek jogurt met geblikte vrugte eet? Of is geblikte vrugte nie goed nie? Ek sou dink dat dit baie suiker bevat. Het dit dieselfde voedingswaarde as vars vrugte?
Answer 716 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Riana
Jou huidige gewig is steeds pragtig normaal met 'n BMI = 22,9. As jy nou regtig wil die 3 kg verloor, dan behoort jy 6300 kJ per dag in te neem en elke dag vir ten minste 30 minute flink te stap. Dit sal gou die 3 kg weer afskud. Ontbyt help met verslanking, maar geblikte vrugte bevat wel ekstra kJ. Eet vet-vrye jogurt met 'n hoë-vesel ontbytgraan soos All-Bran en sorg dat jy meer groente eet as jy nie kan vrugte bekom nie.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9324 votes
No
67% - 18756 votes
Vote