Ask an expert
Question

09 Jun 2011

Radioterapie vir gewas
HI Dokter. EEk wil graag vra my Moeder gaan nou op die oomblik vir bestraaling en chemo vir n gewas in die dikderm, maar ek wil U hulp vra om vir my te verduidelik van dit wat my moeder my vertel. Sy se van wanne sy die behandeling kry vir die gewas in die dikderm kom da sulkke snaakse goed af by ha anus opening en by ha vagina, dit lyk of die gewas afbreek. Maar ek wil weet As hy nou so afbreek en nie bloei nie is dit n goeie teken. Dit werk op my as ha dokter net vir ha se hoop na die behandeling is sy okay en hy antwoord nie die vrae soos hy moet nie. Sy dra nou n kolonsakkie wat buite hang. Ek wil graag U mening he asseblief. En wa kan ek meer gaan lees oor die behandeling van die gewas en en radioterapie, want my ma jeuk verskriklik en by ha anus opening is dit al sere gevorm, as sy vir die dokter dit se dan se hy ja sy is dan allergies vir iets dit is nie die bestraling wat dit doen nie. Ek wag vir U hulp. Groete Mariette
Answer 2,926 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Mariette

Ek wil graag he dat jy die volgende twee artikels aandagtig bestudeer, sodat jy meer oor jou moeder se toestand verstaan, asook die behandeling wat sy tans ontvang. Indien jy daarna enige verdere vrae het, kan jy weer 'n vraag aan my rig.

1. Dikderm kanker: http://en.wikipedia.org/wiki/Colon_cancer
2. Radioterapie: http://en.wikipedia.org/wiki/Radiotherapy
3. Chemoterapie: http://en.wikipedia.org/wiki/Chemotherapy

Ek stel egter ook sterk voor dat julle 'n tweede opinie by 'n onkoloog kry, aangesien julle nie van die nodige antwoorde by die huidige dokter ontvang nie. Ek kan ongelukkig nie veel van hulp wees nie, aangesien ek nie bekend is met jou moeder se mediese geskiedenis nie en ek ook nie weet presies wat haar diagnose is nie.

Groete



Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17879 votes
Vote