Ask an expert
Question

16 Feb 2003

Reukvermoe verlies 7 maande?
Ek het 'n geweldige verkoue aanval gehad Augustus 2002, ek het neussproeie gebruik wat die Dok voorgeskryf het. Tydens die erg geblokte neus en sinuskanaal toestand kon ek geen smaak of reuk ondervind nie. Sederdien ruik ek niks, alhoewel my smaak effens verbeter het. Ek wil ook noem dat ek 'n geweldige skok beleef het Augustus, kan die reukverlies as gevolg van die trauma veroorsaak word. Die area waar ek woon kon dalk ook bygedra het (fabrieke wat gevaarlike gasse in die lug vrylaat) Die slym wat destyd gesnuit was se kleur was 'grusome' groen/swart.
Groot waardering vir u antwoord en moontlike behandeling vir my probleem.
Answer 2,633 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Propanet, dit mag wees dat die senuwees in die neus (olfaktoriese senuwees) skade gekry het tydens die infeksie en dat dit met tyd sal opklaar. Daar is egter ook meer sinistere oorsake vir reuk verlies (anosmia). Die oorsaak van anosmia kan onderverdeel word onder die volgende opskrifte:
1. Swelling/obstruksie van die nasale gange
2. Beskadiging van die olfaktoriese neuroepithelium deur virusse, geneesmiddels, sistemiese siektes of tumors
3. Beskadiging van die olfaktoriese senuwee deur hoof beserings, intrakraniale chirurgie, infeksies en tumors.
Die beste sal wees om ‘n ONK spesialis te sien en dit opgeklaar te kry. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9249 votes
No
66% - 17779 votes
Vote