Ask an expert
Question

28 Jul 2010

Rheumatoid artritus
Ek is in die 80''s gediagnoseer met RA, deurentyd onder behandeling van bekende rumatoloog. Het tot dusver geen verminking van RA nie maar het al die simptome en as daar ''n bloedtoets gedoen word, wys die RA glad nie. Ek het wel pyn in my gewrigte meer as gewoonlik en is altyd moeg, kan dit wel gebeur dat ek die simptome het en al maar dit wys nie in my bloedtoets nie? Ek neem wel ARAVA as ''n rem maar nie anti-inflammotoriese middels nie, my maag is baie sensitief daarvoor.
Answer 2,041 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Krea
RA is moeilik om te diagnoseer en Rheumatoid factor is nie altyd positief in mense met RA nie, mens kyk gewoonlik na 'n battery toetse, x/straal of scan tekens en simptome vir diagnose. As jou medikasie 'n verbetering gee, is jy waarskynlik op die regte pad. Ander oorsake van moegheid kan yster tekort of onderaktiewe skildklier wees wat dalk saam met jou RA kan voorkom. Sien ook http://www.umm.edu/patiented/articles/how_rheumatoid_arthritis_diagnosed_000048_6.htm
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.