Ask an expert
Question

21 Jul 2011

Rooi uitslag op wange
Ek kry die afgelope jaar of so ''n rooi uitslag op my wange wat geleidelik erger raak. Somtyds is die uitslag soos ''n klomp klein puisies en duidelik voelbaar. Ek het geen idee wat om daarvoor te gebruik nie. My gesig maak dikwels sulke rooi vlamme van die uitslag. Ek is ''n 51 jarige vrou.
Answer 3,850 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Dit klink asof jy Rosacea het en dit is daarom belangrik om 'n dermatoloog te konsulteer, sodat die regte diagnose gemaak kan word en daar ook bepaal kan word watter tipe rosacea jy het. Sodra 'n diagnose gemaak is, kan jy die nodige behandeling daarvoor ontvang. Die medikasie is net per voorskrif beskikbaar.

Wees gerus, die toestand kan goed beheer word met die regte behandeling.

Verwys na die volgende artikel vir meer inligting: http://en.wikipedia.org/wiki/Rosacea

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.