Ask an expert
Question

03 Mar 2003

sinusitus???
Vir die afgelope 6 maande kan ek niks ruik of proe nie. Amper nie die moeite werd om te eet nie!! Wanneer ek parfuum spuit ruik dit soos 'n sekere soort gas ens. Ek het allerhande soorte anti-histamines gebruik maar sonder sukses, soos bv Desolex, Sinuclear, Dimetapp, en seker nog 10 ander soorte. Ek was verlede week Dinsdag by my dokter en hy het vir my die "nuutste" op die mark voorgeskryf nl Mizollen 10 mg. Ek is ook op 'n anti-depressant nl Prohexal vir die afgelope 14 maande. Hy het ook genoem dat dit moontlik iets anders soos bv stres kan wees maar dat ek eers hierdie tablet moet gebruik. Ek wil net noem dat ek geensins 'n toe neus het nie. Ek het net 'n geweldige sinusdrup en moet gedurig keel skoonmaak. Ek het lsg tablette nou gebruik vir 6 dae maar dit maak nog geensins 'n verskil. My dogter was verlede jaar November vir 'n sinus-operasie wat gehelp het maar sy sukkel maar weer na R4500!! Ek sal bly wees as daar dalk ander raad is.
Ek wil net noem dat ek die koeksoda, suiker en louwater ook probeer het. Dit het my oë net uit my kop laat peul (het so gevoel!) en my 'n ontsettende hoofpyn gegee.
Baie dankie.
CARIEN
Answer 1,143 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Carien, dit mag wees dat die senuwees in die neus (olfaktoriese senuwees) skade gekry het tydens ‘n infeksie en dat dit met tyd sal opklaar. Daar is egter ook meer sinistere oorsake vir reuk verlies (anosmia). Die oorsaak van anosmia kan onderverdeel word onder die volgende opskrifte:
1. Swelling/obstruksie van die nasale gange
2. Beskadiging van die olfaktoriese neuroepithelium deur virusse, geneesmiddels, sistemiese siektes of tumors
3. Beskadiging van die olfaktoriese senuwee deur hoof beserings, intrakraniale chirurgie, infeksies en tumors.
Die beste sal wees om ‘n ONK spesialis te sien en dit opgeklaar te kry. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.