Ask an expert
Question

27 Aug 2007

slaap
My eerste keer hier.
Ek sit met die probleem ek Kan nie slaap nie en gebruik ’n oor maat van pille Om aan die slaap te raak ouderdom is 47 jaar
Answer 632 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Liana
Daar is baie redes hoekom mens nie kan slaap nie. Die algemeenste redes is newe-effekte van medikasie, stress, depressie, chroniese pyn, asemhalings probleme, hartversaking, stimulante soos kaffeiene en alkohol, inaktiwiteit, skof werk, blaasprobleme, omgewings faktore (geraas, te warm of te koud) en dan is sommige mense geneties net slegter slapers.
Jy behoort eintlik eers 'n goeie mediese ondersoek te kry om enige mediese redes uit te skakel, dan moet jy mooi kyk wat jy eet en drink ( medisyne inkluis)en kyk of daar nie iets is wat dit kan veroorsaak nie. Jy moet ook jouself toets vir depressie en angstigheid - kyk http://www.drhansdreyer.com/questionnaire.php. As daar iets is wat nie reg is nie, behoort jy 'n spesialis soos 'n psigiater te sien om jou te help met die insomnia.
Lees ook hierdie artikel http://www.americaninsomniaassociation.org/treatment.htm

Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.