Ask an expert
Question

05 Feb 2010

Snaakse pyn saans
Die afgelope paar weke ervaar ek ' n vreemde pyn sodra ek bed toe gaan. Ek lê  skaars ' n paar minute dan begin die pyn en dit word geleidelik so seer dat ek opstaan om pynpille te neem,. Die pyn is net agter my sleutelbeen (die been het mos eers effe opwaarrtse kurwe en dan reguit lyn na skouerknop) Die pyn is agter die reguit deel. Die pyn versprei dan tot in die skouer en selfs af in die afm. Dis ' n kloppende pyn en baie ongerieflik. Is dit my skouer of iets anders? Ek weet nie wie ek moet gaan sien nie. Wat vreemd is, is dat ek geen pyn of ongerief in ' n " upright"  posisie ervaar nie. Ek doen baie rekenaar werk (as dit met diagnose kan help)
Answer 3,508 views
Expert
Shoulder Doc
Shoulder Doc

01 Jan 0001

Beste Delene,

dit klink of die pyn agter die sleutelbeen begin- in daardie area le die groot senuwees van die bragiaalpleksus en pyn darrvandaan kan na die skouer verwys. Jy sal deur 'n skouer spesialis ondersoek moet word om te bepaal of dit die oorsprong van die pyn is . Jy kan ook na my webblad kyk (www.shoulderinstitute.co.za ) en spesifiek na "Shoulder Pain " waar jy ook leidrade mag optel oor die oorsaak van jou pyn

Hoop jy kom reg,
Dr Joe de Beer
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.