Ask an expert
Question

10 Oct 2009

Snorkery
Ek is 38 en baie selfbewus, my huismense kla dat hul nie saans kan slaap oor my hewige gesnorkery! Waar kan ek van daardie kussings bekom wat help, of is daar fout met my. Dit maak nie saak in watter posisie ek slaap nie, op my sye, op my rug, ek snork soms myself wakker, ek staan soggens moeg op!
Answer 1,401 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Sonja
Dit is 'n erger probleem as net jou huismense wakker hou! Mense wat snork het baie keer slaap apnee ook, maw hulle hou vir kort rukkies op asemhaal, en dit is baie sleg vir jou - dit verhoog jou kanse op beroerte en hartaanvalle. Sien asb 'n oor neus en keel arts - hulle kan dit baie keer verbeter met 'n klein operasietjie want dit word gewoonlik veroorsaak deur 'n pap sagte verhemelte wat jou lugweg versper as jy lê. Allergiee speel ook 'n rol want mens snork meer as jou neus toe is en jy deur jou mond asemhaal. Die kussings en sproeie en goed help nie altyd nie, basies posisioneer dit jou nek net so dat jou lugweg oper is. Mens kan 'n toestel gebruik wat soos 'n masker oor jou gesig pas en positiewe druk gee as jy asemhaal (CPAP) as jy regtig erge slaap apnee kry.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9320 votes
No
67% - 18609 votes
Vote