Ask an expert
Question

31 Mar 2003

Steven Johnson sindroom
Verlede maand het ek aan u geskryf in verband met my kind, wat met Fibromialgie gediagnoseer was. Ek het hom weereens na 'n spesialis geneem. wat bevind het dat my kind aan Steven Johnson Sindroom ly. Met hierdie diagnose is ek tevrede, aangesien my seun al die simptome ge- had het, en nog steeds sommiges ondervind. Hy het die sindroom ontwikkel na groot dosisse Purbac. Hy kry nog steeds kwaai hoofpyne, rugpyn, borspyn (links) swakheid in bene, moegheid asook kouekoors. Hoe lank gaan dit nog duur voordat al die gifstowwe uit sy gestel is? Ek sal 'n antwoord waardeer. Die spasie is te min om die volle verloop en behandeling van sy siekte te beskryf. Al wat ek nog wil noem, is dat ek hierdie tydperk nooit weer wil beleef nie. Baie dankie vir u tyd.
Answer 2,715 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

RM, dis moeilik om te sê, maar dit behoort nie meer as 2-3 weke te neem nie. die probleem is dat die effek van die middel ‘n hele rukkie langer kan aanhou nadat die middel reeds uit die liggaam is. ‘n Voorbeeld hiervan is beenmurg onderdrukking wat eers ‘n maand later sal herstel.
Wat die Steven-Johnson’s sindroom betref; dis snaaks dat daar geen blase of bloedinkies op sy slymvliese was nie, maar ek neem aan dis seker moontlik. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17863 votes
Vote