Ask an expert
Question

05 Feb 2008

Stroke?
Jammer ek skryf in Afrikaans, maar weet nie regtig hoe om die gevoel in Engels te beskryf nie. Nou die aand het dit gevoel of my hele lyf prikkel (daai gevoel wat mens kry as mens se been begin slaap) en daarna het altwee my duime begin intrek/styftrek en moes my hande ooptrek en dan trek my duime net weer terug, my hande het ook styf getrek. My mond het ook styf getrek dat ek nie kon smile of praat nie en moes ook my mond ooptrek om so bietjie te kon smile, maar dan trek my mond net weer styf. Dit het vir so 5 minute aangegaan en ek het nogal benoud geraak. Gister middag 4uur se kant het my gewrigte ook weer daai selfde prikkel gevoel gekry en die gevoel het eers so 7uur se kant weggegaan. Weet u dalk wat dit kan veroorsaak of wat dit kan wees?
Answer 2,480 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Liewe E
Jy mag met liefde in Afrikaans skryf! Mens kan hierdie simptome kry as gevolg van hiperventilasie ( te vinnige asemhaling) met angstigheid of ontsteltenis. ’n Beroerte gee gewoonlik net simptome in een kant van die lyf tensy dit ’n massiewe beroerte is. Ander oorsake kan elektroliet steurnisse ( te lae magnesium of kalium of kalsium) of sekere middels wees. Dit mag dalk nodig wees dat jou dokter bloed trek om net te kyk na jou elektroliete en sommer enige medikasie wat jy neem ook evalueer.
As jy dink dit is dalk hiperventilasie, sit 'n bruin papiersak oor jou mond en neus en haal vir 20-30 keer so asem wanneer jy die simptome kry, as dit dan weggaan, is dit die diagnose!
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.