Ask an expert
Question

03 Feb 2003

Stysel en hardlywigheid
Hi doc

Ek wil net weet watter ander voesel kan ek in die plek van rys, pasta, mieliemeel ens. (stysel) gebruik aangesien wanneer ek dit eet ek vir dae hardlywig raak en dan baie water ook stoor. Ek sal op die skaal klim dan in een dag sommer 3 kg swaarder weeg as die vorige en 'n paar dae daarna sal dit weer normaal wees. Ek is nie oorgewig nie en het 'n BMI van 21.6. Ek het nog altyd die probleem van hardlywigheid na sekere kosse gehad.

Dankie vir die ondersteuning, ek geniet die rubrieke baie!!
Answer 1,817 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste AF
Die beste manier om hardlywigheid te bekamp is om jou vesel inname te verhoog - dit beteken jy moet meer heelgraan brood en ontbytgrane, vrugte en groente, en peulgroente eet. Ek vermoed dat jy altyd verfynde stysels eet en dat dit jou hardlywig maak. Sodra jy growwe grane, ens begin eet sal die vesel jou derms prikkel en die hardlywigheid bekamp. Dit is ook 'n mees ontmoedigende gewoonte om jou elke dag te weeg! 'n Mens se gewig kan met daardie 3 kg van een dag na die ander wissel sonder dat jy 'gewig' of vet opgetel het. Vroulike hormone speel ook 'n rol en sommige dames vind dat hulle rondom hulle mondstonde meer water stoor en dan swaarder weeg. Weeg jou liefs net EEN KEER PER WEEK en drink 3-4 ekstra glase water per dag.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9270 votes
No
66% - 17921 votes
Vote