Ask an expert
Question

30 Jan 2003

Suising in die oor
Hallo daar,
Ek het 'n suising in my regter-oor. Eers het my dokter gedink dis water agter my oordrom, en Sinus-medisyne voorgeskryf om die water op te droog. Na twee weke was dit nog nie weg nie en sy verwys my na 'n Oor, Neus en Keel spesialis, wat niks fout gevind het nie. Ek moet bysê dat ek 'n hipertensie-lyer is en Co-Diovan daagliks gebruik. Nou het my dokter Propranolol HCL 10mg 3x per dag voorgekryf en gesê dit sal beslis help vir die suising. Dit help egter glad nie, en ek begin nou vertroue verloor in my dokter. Help my asseblief, ek wil MAL word van die geluid in my oor!
Answer 6,091 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Lida, dit mag wees dat dit tinnitus is. Tinnitus mag voorkom as ‘n simptoom van ontrent enige oor siekte. Die behandeling word altyd eerste gemik op die onderliggende siekte, tweedens op die behandeling van enige geassosieerde gehoorverlies en dan derdens op die maskering van die tinnitus deur middel van iets wat minder onaangenaam is as die tinnitus self. Dit word dikwels redelik suksesvol gedoen deur middel van ‘n radio agtergrond aan sit. Op die einde van die dag sal die beste wees om ‘n ander oor-, neus- en keel spesialis vir ‘n tweede opinie te sien. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9267 votes
No
66% - 17861 votes
Vote