Ask an expert
Question

15 Jan 2008

Suiwel allergie
Suiwel gee my sinus, wat kan ek gebruik in plek van kaas en yogurt asb.
Answer 1,458 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Sanette
As suiwelprodukte jou sinus klagtes vererger dan sal jy ongelukkig hierdie kosse moet uitsny. Daar is 'n reeks sojaprodukte beskikbaar in die groter winkels, soos sojamelk en sojajogurt. Kyk of jy dit kan bekom. As jy nie die suiwelprodukte in jou dieet kan vervang nie, dan moet jy liefs 'n kalsiumaanvulling soos Caltrate of Calcium Sandoz drink om te verseker dat jy jou daaglikse kalsium (1000 mg per dag) inneem.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.