Ask an expert
Search expert health advice:
Browse by expert
- ADHD Expert
- Allergy expert
- Anti-ageing expert
- Asthma Expert
- Arthritis expert
- Breast cancer expert
- Cancer expert
- Cough Expert
- CyberDoc
- CyberShrink
- Oral health expert
- Depression expert
- Diabetes expert
- EnviroHealth expert
- Family law expert
- Fertility expert
- Flu expert
- GynaeDoc
- Headache expert
- Healthy Bones
Suiwel allergie
Liewe Dr.,
My dogtertjie van 5jr is allergies vir suiwel. Sy moet alle suiwel uitskakel en mag net Cheddar kaas eet. Sy gebruik nou Soja melk maar ons sukkel nog dat sy die ander suiwel soos kaas, jogurt en rOomys moet uitskakel aangesien sy baie lief is daarvoor.
Kan ek vir haar melkpoeier gee? En hoe kan ek verseker dat sy voldoende kalsium nou inkry?

Beste Anne
Indien jou dogtertjie vir alle suiwelprodukte allergies is, dan is ek verbaas dat sy Cheddar kaas mag eet. Het sy dalk 'n laktose intoleransie? Dit sal beteken dat sy koei- en bokmelk en alle melkprodukte, insluitend melkpoeier sal moet uitskakel, maar wel kaas en jogurt sal kan eet. Maak tog seker dat sy nie vir die proteïene in suiwelprodukte allergies is, want dan sal sy ook nie kan kaas eet nie. Kyk op die etiket van die sojamelk wat jy koop om seker te maak dat dit bygevoegde kalsium bevat. Dit behoort soos koeimelk, ten minste 1 mg kalsium per ml te bevat (100 mg kalsium/100 ml sojamelk). Indien jy nie 'n sojamelk kan vind met hierdie vlak van kalsium nie, sal jy vir jou dogtertjie kalsiumtablette vir kinders moet gee (gesels gerus met jou apteker daaroor want daar is nogal baie verskillende kalsiumaanvullings vir kleuters en kinders beskikbaar). Soos jou kind gewoond raak aan sojaprodukte kan jy ook kyk na soja-jogurt en -roomys wat in sommige supermarkte beskikbaar is. Maak asb net seker op die etiket van die produkte dat dit onder 'Allergene' nie 'cow's milk' of enige van die ander variasies van melkprodukte bevat nie (bv. melkpoeier, wei, ens). Indien moontlik sal dit ook ‘n goeie idee wees om ‘n geregistreerde dieetkundige te raadpleeg om jou touwys te maak oor ‘n melk-vrye-dieet vir groeiende kinders. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.