Ask an expert
Question

11 Feb 2013

Sukkel om gewig te verloor na my swangerskap
Hi Dr,
Ek het ongelooflik baie gewig opgetel met my eerste swangerskap. Ek het in totaal 30kg opgetel. My baba is nou al 13 maande oud, en ek is nogsteeds nie terug op my normale gewig ( 60kg ) nie. Ek is 30 jaar oud, weeg huidiglik 74kg en 1.62 lank. Ek probeer hard om reg te eet, gaan stap in die middae en drink baie water. Maar ek verloor geen gewig nie. Dit begin my nou al onderkry omdat ek niks verloor nie. Wat doen ek verkeerd ? En wat moet ek nog doen ?
Ek wardeer u raad..

Vriendelike groete
Bernice
Answer 3,262 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Bernice
Baie geluk met die geboorte van jou baba. Dit is 'n feit dat sommige vrouens wel gewig op tel met hul swangerskap(pe). Jou huidige BMI = 28.2 wat in die oorgewig reikwydte val. Om weer terug te keer na die normale reikwydte met 'n BMI van 24, behoort jy 63 kg te weeg, dus 'n verlies van 11 kg. El sal aanbeveel dat jy 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel-dieet gebruik (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') en vir 30 min per dag aan 'n fisiese aktiwiteit sal deelneem (bv. koop 'n springtou en spring elke dag vir 30 min tou, besoek 'n gym, gaan flink stap, ry fiets of swem).
Indien jy na een maand op 'n gebalanseerde verslankingsdieet en oefening nog steeds nie gewig verloor het nie, sal dit miskien 'n goeie idee wees om jou deur 'n mediese dokter te laat ondersoek vir hormoongebreke (tiroïed, insulien en/of vroulike hormone), wat moontlik a.g.v. jou swangerskap ontstaan het.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9260 votes
No
66% - 17812 votes
Vote