Ask an expert
Question

13 Mar 2003

Sukkel om swanger te word
Hello Dokter,

Ek en my man het dieselfde probleem as Klopper wat sukkel om kinders te hê. Ek het al vir `n “laparoscopy” gegaan en daar is niks fout nie. Ek ovuleer elke maand. Ek was al vir `n skraap. My man was vir `n spermtelling en sy telling is beter as die normale man s’n. Ek weet presies wat in `n siklus gebeur en wanneer ek vrugbaar is ensovoort. My ginekoloog het gesê om elke tweede aand omgang te hê om seker te wees dat die vrugbare tyd gedek word. Al alles probeer........maar tog sukkel ek en my man al vir amper `n jaar.

Het Dokter asseblief vir my enige rede wat die probleem mag wees?
Kan Dokter ook asseblief vir my sê wat sal die volgende toetse en opsies wees?

Baie,baie dankie.

Answer 1,939 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

***, dis baie moeilik om te sê wat die probleem is sonder om jou te ondersoek. Jy moet ook onthou dat dit die gemiddelde jong paartjie 13,5 – 15 maande neem om swanger te raak. As jy oor 40 is, sal dit ongeveer twee keer so lank neem.
Dit wil sê dat daar per definisie nog nie ‘n probleem is nie. Ek verstaan nie waarom julle nie elke aan gemeenskap het nie, maar hy het seker sy redes.
Dit klink asof al die toetse al reeds gedoen is en dat daar geen probleem is nie. Die volgende stap sal dus wees om ‘n bietjie ekstra hulp te kry soos in die geval van ‘n kunsmatige bevrugting – nie iets wat ek dou aanbeveel voordat julle nie vir ten minste twee jaar probeer het nie. In die tussentyd moet julle eerder seker maak dat julle die baba maak proses geniet en nie net op die eindproduk konsentreer nie. Sterkte.
NS. Ek het so tydjie gelede iets oor die onderwerp geskryf en as jy belang stel in ‘n kopie, kan jy my by CyberDoc@mweb.co.za e-pos.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.