Ask an expert
Question

22 Nov 2005

Suster se seun
Goeie Môre Almal,

My suster se seun is 16 en ek is baie lief vir hom. Van kleins af het ek 'n spesiale plekkie in my hart gehad vir hom. Hy's 'n bietjie "stadig" en is in 'n skool wat spesialiseer in kinders wat bietjie "stadig" is bv. daar is net 4 kinders in 'n klas, hulle skryf nie eksamen nie want die skool voel dit plaas te veel druk op die kinders ens.

My probleem met die kind (en sy ouers) is dat hy altyd vuil is. Sy hare is altyd vuil, hy ruik na sweet, sy klere is gekreukel. Dit is so erg dat ek nie meer kans sien om hom 'n drukkie te gee as ek hom sien nie.

My suster en haar man is baie ryk, ry die nuutste en beste karre, besit 'n restaurant so daar is beslis geld vir shampoe, 'n bediende om die klere te was en stryk.

Hoe sê mens vir hierdie kind om te bad? Ek het die saak Saterdag-aand met my suster probeer bespreek maar haar houding is net dat die kind oud genoeg is om te weet dat hy moet bad en hare was. Ek voel dis haar plig om hom te dwing om te bad terwyl hy in haar huis is maar sy sê sy het moed opgegee. Ek moet sê sy is baie lui wat sulke goed betref en ek is seker sy het nie alles gedoen wat sy kon om die probleem op te los nie.

Moet ek met hom praat? Moet ek vir hom op 'n mooi manier sê dat hy stink en dat hy maak dat mense nie langs hom wil sit aan tafel of op 'n bank nie?

Help asb. Ek is baie lief vir hierdie kind maar ek kan nie naby hom kom nie.
Answer 808 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

Doesn't one simply talk to them calmly and frankly and say that it puzzles you, and probably many other people who encounter the nice young boy, as to why his parents leave him appearing to be so neglected, unwashed and smelly--- maybe an appeal to their personal vanity might work, as they don't sound as if they're thinking of the boy's own best needs, in this respect. Maybe a sugegstion to the school might encourage them to mention it to the parents, too.
And Tango's suggestion is brilliant. isn't he, by 16, starting to get interested in girls and interested in impressing them ?
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.