Ask an expert
Question

17 Jun 2011

Swangerskap en epilepsie
Ek is 28 en is 31 weke swanger met my eerste kind. Ek is op 18 gediagnoseer met epilesie, maar my epilepsie is al vir baie jare onder beheer. Ek drink gewoonlik 300mg Epinutin een keer per dag, regdeur die swangerskap het die dr my bloed gereeld getoets vir die vlakke van die medikasie maar als was reg. Met die swangerskap was daar ook geen probleme, die baba het nog heeltyd reg gegroei en ontwikkel. Die afgelope week het ek begin om klein ''partial'' aanvalle te kry, ek is dadelik dr toe en hul het weer bloedtoetse gedoen, die keer was die vlakke in my bloed baie laag en die dr het dadelik my medikasie verhoog na 300mg twee keer per dag. So my dosis is verdubbel. Ek wil graag weet hoe dan dat ek deur die hele swangerskap nie probleme gehad het nie en nou begin dit? En ook of die skielike verdubbeling van medikasie nie nadelig gaan wees vir die baba nie?
Answer 1,332 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Elizma

Ek kan nie vir jou van 'n definitiewe rede verskaf oor hoekom jy nou eers probleme ondervind nie. Dit is moontlik dat die medikasie vinniger gemetaboliseer word as gevolg van jou swangerskap en dus sal die vlakke van die medikasie in jou bloed laer wees.

Die verhoogde Epinutin behoor nie enige nadele uitwerking op die baba te he nie.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9324 votes
No
67% - 18748 votes
Vote