Ask an expert
Question

30 Jan 2003

Sweet in gesig
Ek is 24 en ek sweet abnormaal baie in my gesig, maar nie juis oor die res van my lyf nie. As ek oefen sweet ek normaal, maar andersins (veral in die oggend) net in my gesig. Wat kan dit veroorsaak? Ek is op Marvelon, maar GynaeDoc het gesê dit kan nie die oorsaak wees nie. My ma en tannie sweet ook so in hulle gesigte (maar vir hulle kan dit dalk menopause wees). Kan dit dalk 'n tekort of hormoonwanbalans wees? Ek wil graag weet, want dit is nogal 'n probleem vir my.
Answer 2,584 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

A, daar’s nogal baie mense met die probleem, maar ek weet nie van enige wetenskaplik bewysde behandeling nie. Ek het ‘n kollega wat ‘n ekspert op die gebied van botulinum toksien is en ek sal hom vra of dit moontlik mag werk. As ek nie teen Woensdag na jou terug gekom het nie, pos asb. jou oorspronklike vraag as ‘n nuwe een om my te herinner. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.