Ask an expert
Question

30 Mar 2003

sweet op kop en kry warm
Tydens minimale aktiwiteit kry ek geweldig warm, soos 'n gloed, en sweet ek verskriklik op my kop. As ek aktief in my werk besig is, nie swaar werk nie, gebeur dit, sê om 09:00 en bly my kop nat gesweet vir die hele dag. Gewoolik die meeste aan die regter kant sodat die sweet onder die hare uitrol. Kan dit lewer wees?. Ek ly aan hoë cholesterol en het voorheen Lipitor en Zocor gebruik met hewige newe-effekte en het op mediese advies die gebruik gestaak. Ek gebruik tans net Tenoret 50 vir hoë bloeddruk en voel andersins baie goed. Ek is 49 jaar oud en durf nie alkohol gebruik nie, want dit vererger die sweet situasie en 'n "opgeblase" gevoel. Kan nie ryk kosse eet sonder die gevoel nie.
Answer 2,961 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Rudo, ek twyfel of dit as gevolg van jou lewer is, maar dis seker moontlik. Ander oorsake mag skildklier probleme, bloedarmoede, hoë bloeddruk , nier probleme ensovoorts insluit. Die beste sal wees om ‘n internis te sien en ook sommer te kyk of hy jou nie ‘n alternatief vir die Lipitor® en Zocor® kan bied nie, want die hoë cholesterol kan nie eintlik onbehandel gelaat word nie. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17897 votes
Vote