Ask an expert
Question

14 Jan 2003

Te veel aartappels
Hi doc

Ek is van nature maer en kon nog nooit gewig optel nie. Na my troue het ek 4 kilos opgetel wat ek nou haat. Ek is nie gewoond aan hierdie nuwe lyf nie. Ek weeg nou 57kgs en is 1.73 meter lank.

My probleem is net my maag. Ek het eweskielik hierdie "bentley belt" ontwikkel. Dis afskuwelik en ek wil baie graag ontslae raak daarvan. Ek wil net weet of ek regtig my aartappels uit my dieet uitsny. Ek is versot op groente veral aartappels. Sal dit regtig die dood wees as ek elke dag 'n gekookte aartappel met 'n bietjie botter eet saam met gestoomde groente? Ek drink nogal baie water, en probeer hard om tenminste 3 of 4 keer 'n week te oefen aangesien ek genoeg oefenmasjiene by my huis het.

Ek lees so baie oor stywer magies binne 6 weke ens. Maar niks help nie. Ek wil nou my eie kop volg en doen wat ek dink goed sal wees vir hierdie magie. Ek soek nie 'n "six pack" nie maar net 'n stywe magie. Wat is die beste oefeninge? Ek het op 'n stadium 50 sit-ups gedoen elke aand maar ek kan nie byhou nie. Ek het rug probleme en dit raak net erger as gevolg van hierdie oefeninge.

Help asb.
Dankie
Answer 704 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Leser
Aangesien jou huidige BMI = 19,1, is jy beslis nie oorgewig nie - amper te maer. Die probleem van magies, heupe, ens wat groter vertoon as ander dele van jou liggaam is gewoonlik of die gevolg van oorerflikheid of bloot die feit dat vrouens hierdie areas as 'vetopslagplekke' gebruik - mans ontwikkel boepies en dik skofte. Ek dink dat dit noodsaaklik is dat jy wel daardie aartappel elke dag eet want dit gaan jou nie vet maak nie. Ek wil aanraai dat jy probeer om 'n biokinetikus te raadpleeg wat vir jou 'n oefenprogram kan uitwerk wat die magie bewerk, sonder om jou rug verder seer te maak nie. Jy behoort hulle in die telefoongids te vind, of vra jou geneesheer om jou te verwys. Die oefeninge sal ook help vir die seer rug.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9320 votes
No
67% - 18602 votes
Vote