Ask an expert
Question

29 Jul 2010

Terugvoer: Besoek aan Prof Hein vd Walt
Hi Doc,

Ek was toe gister vir my Gastroskopie by Prof. Hein van der Walt (Unitas). Hy is nie eens oud nie (het regtig ''n ou toppie verwag met die dat hy so bekend en gesog is en nogal ''n Prof). Ek dink hy is dalk nie eens in sy 50''s nie, maar vreeslik aangenaam en deeglik. Nadat hy die Scope gedoen het, het sy Tegnoloog ''n Manomatrie gedoen (jig) en toe ''n 24 uur PH toets, wat ek vandag terug geneem het. Ek dink dat die PH toets tog baie inligting sal gee wat sal nodig wees om die korrekte medikasie vir my te kry. Volgens die vorms wat ek ingevul het is die PH en manomatrie ''n pre-op prosedure en daaraan wil ek nie nou eens dink nie.

Die PH pypie was terrible en dit was ''n verligting om dit vandag uit te haal. Dis baie ongemaklik om te drink en te eet en normale aktiwiteite te doen met die monitor en pypie-innie-neus en keel.

Ek kon met tye sien hoe die PH gedaal het tot 1, maar die tye wat hy wel so erg gedaal het was 60min+ nadat ek iets gehad het om te eet en dis episodes wat ek ook erge sooibrand en borsongemak ervaar het.

Ek sal laat weet wat uitslae was as ek Maandag weer van die Prof hoor.

Groete,
Cornel
Answer 13,982 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hi Cornel
Ja nee, die toetse is goor - maar dit is nie noodwendig dat dit sal lei na operasie nie. Hulle sal verseker eers met medisyne probeer behandel. Sal graag wil hoor wat se hy Maandag
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.