Ask an expert
Question

06 Jan 2005

Tipe 2 Diabeet
Goeiedag Dok,

Ek is gister na 'n baie siek ou jaar / nuwejaarsdag gediagnoseer as Tipe 2 Diabeet. Wat 'n skok. Ek is vroulik, 42 jaar oud het op ouderdom 38 'n hartaanval gehad deels agv aangebore defek en hoe cholestrol. My cholestrol is onder beheer alhoewel dit vir my taamlik moeilik is met my gesin en tipe huishouding. My man en seun wat nog by ons inwoon werk skofte dus is gereelde gesonde maaltye ietwat moeilik. Ek pas maar by hul aan soos ek kan. My vlakke word elke 3 mnde getoets en soms kan jy sien dit was moeilike 3 mnde andersins is dit weer mooi laag.

Die diagnose gister was vir my geestelik 'n groot skok. Die implikasies is baie mooi deur my dok verduidelik en ek is aangeraai om 'n dieetkundige te gaan sien.

Kostes daaraan verbonde is hoog aangesien ek nie 'n mediese fondse het nie. Kan u asseblief vir my help met die kategorie van voedsel wat ek kan inneem. Dit sal gaaf wees om hul te plaas onder Beslis Nie, Slegs Uitsonderlik, Ja met matigheid, Ja, Onbeperk. Die gaarmaak metodes wat ook 'n belangrike rol speel is vir my bekend. Om resepte voor te stel is moeilik met die skofwerkers en indien ek so lys het kan ek ons huidige roetine daarby aanpas.

U vriendelike dog dringende terugvoer word hoog op prys gestel.

Groete

Audrey Bornman
0824928771
Answer 994 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Audrey
Ek is baie jammer om te hoor van hierdie diagnose en kan goed verstaan hoe geskok en terneergedruk jy voel. Ongelukkig is Tipe 2 diabetes een van die toestande wat die meeste baat vind by 'n dieet wat by JOU spesifieke omstandighede moet pas. Dit beteken dat jy 'n dieetkundige moet spreek - knyp iets van die huishoudelike begroting af of neem 'n lening uit, want dieetkundige raad is onontbeerlik vir jou gesondheid. Kyk na die Lys Dieetkundiges op hierdie Webwerf of skakel 082-593-0276, of stuur ‘n e-pos aan sscharf@nhcltd.com of kyk in jou plaaslike telefoongids of Geel Bladsye om ‘n dieetkundige in jou gebied te vind. Jy kan selfs by een van die Staatshospitale aanklop as die geld rerig ontbreek. Ek kan net vir jou algemene raad gee, terwyl jy 'n spesifieke dieet moet kry wat bepaal hoeveel van elke soort kos jy kan eet, bepaal deur jou geslag, ouderdom, huidige gewig, medikasies, vlak van fiksheid, ander mediese kondisies soos die hoë cholesterol, ens. In die tussentyd, kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach' en lees die artikels oor die glisemiese indeks (GI). Gaan ook na 'Food as Medicine' en lees die artikels oor 'Type 2 Diabetes'.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17868 votes
Vote