Ask an expert
Question

02 Aug 2006

TOE ARE
MY PA HET AL 3 OMLEIDINGS GEHAD EN 3 HARTAANVALLE. 2 VAN SY ARE IS 95 % TOE, DIE DOKTERS HET 'N STET INGESIT EN
SE MY PA IS TE OUD (70) HULLE KAN NIKS MEER VIR DIE ARE DOEN NIE. IS DAAR IETS WAT KAN HELP VIR DIE TOE ARE?
Answer 541 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Hallo Kobus,

Ouderdom is nie noodwendig ‘n kontra-indikasie vir chirurgie nie. Maar as jou Pa al 3 omleidings, 3 hartaanvalle en ‘n stent gehad het, klink dit meer asof daar nie omleibare are oorbly nie. Die are wat omleibaar was is reeds omlei. Die wat stentbaar is, is reeds “gestent”. So, daar blyk nie enige operatiwe opsies oor te wees nie.

Mediese behandeling sal deur jou kardioloog voorgeskryf word, en behels meestal leefstyl-aanpassings(as hy dit nie jare al terug gedoen het nie), medikasie vir pyn en/of hartversaking indien toepaslik. Beheer van bloeddruk, en moontlike teenstollingsmiddels kan ook oorweeg word.

Die belangrikste ding hier is om dit met sy kardioloog te bespreek, en nie net vanself medikasie soos homepatiese raad, “herbal” medisyne of die sort “self-medikasie” wat by die apteek of supermarket gekoop kan word te begin gebruik nie. Hierdie kan kwaai neweffekte hê in pasiënte met hartkwale.

As alle opsies oorweeg is, maar jy nog steeds voel dat daar meer gedoen moet word, soek asb ‘n tweede opinie van ‘n ander kardioloog. Hy mag ‘n plan kan voorstel waaraan ons nog nie gedink het nie.

Ek hoop jou Pa nie pyn het nie, en dat hy gehelp sal kan word.

HeartDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9265 votes
No
66% - 17843 votes
Vote