Ask an expert
Question

20 Aug 2007

Toe dalk nie Lamictin.
Hi dok.

Ek het laas gevra oor die newe-effekte van Lamictin. Ek dink nou nie meer dat dit dit is wat my siek maak nie, maar wel die Seroquel, wat ek min of meer op dieselfde tyd gestaak het as toe die simptome begin het. Die wat die meeste pla is 'n dronk gevoel in die kop, diaree en seer maag, naarheid, en die gevoel dat my hart probeer bollamakiesie slaan. Dit voel asof hy op sy sy wil draai . . . ? As dit sin maak.

So, is dit moontlik dat dit bloot ontrekking is van die Seroquel? Ek het eergisteraand van dit gedrink en gister heeltemal wonderlik gevoel. Eerste keer in meer as 'n week. Gisteraand het ek net 'n bietjie gevat en teen vanmiddag het ek weer goor begin voel. Die rede waarom ek dit wil los is dit is die hoofoorsaak dat dit my dik, lui en lelik maak.

Ek het vir my psigiater laat weet sodat ons die Lamictin vinniger kan opsit. Ek is na twee maande en een week nou eers op 100 mg en mik na 200. Ek het ook dok se raad gevolg en vit B6 gekry.

Dankie dok. Dis al vir nou. Lekker aand en lekker slaap.

xxx
Answer 1,029 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Liewe Champagne
Wat se jou dokter van die Seroquel los? As die Lamictin alleen die ding doen is dit dalk die oplossing? Onthou net mens moet hierdie tipe middels geleidelik op- en afskaal anders kan dit jou baie siek maak. Pasop vir te haastig wees.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17886 votes
Vote