Ask an expert
Question

16 Jan 2003

Uitsluitings dieet
My dogter is op 'n gluten- gis- en suikervrye sowel as laktose vrye dieet geplaas om te bepaal waarom sy kroniese diarree het - hoe lank moet mens op die dieet bly voordat mens kan besluit of dit help of nie - sy is reeds 10 dae op eersgenoemde drie tipes dieet en reeds 10mnde op laktose vry. Geen verbetering in enige simptome nie.
Answer 954 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Nuuskierig
Ek sou verwag dat sy na 10 dae 'n verbetering sou bespeur. Indien sy na 3 weke nog steeds diarree het, dan kan julle aflei dat bogenoemde voesdels nie die oorsaak van die diarree is nie. In so 'n geval, is dit raadsaam om verdere toetse te laat doen om te kyk of sy nie een of ander hardnekkige infeksie of prikkelbare derm sindroom of iets dergliks het nie.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.