Ask an expert
Question

13 Aug 2007

Uriene probleem
So 'n ruk terug het ek ontsteking in my prostaat gehad, my GP het my op pille gesit wat ek vir vyftien dae moes gebruik,wel dit het gehelp en ek is reg.Ek ondervind toe dat ek my blaas omtrent elke 10 min moet leegmaak, ek is terug na die dokter en hy het gese ek het 'n blaas infeksie,weer pille, nou is dit asof my blaas die heeltyd vol voel,al gaan maak ek hom leeg,na 'n min.voel dit asof hy weer vol is,partymaal moet ek "druk" om te kan urineer,en dan is dit seer en soms brand dit.Wat kan dit wees.
Answer 11,322 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo CV
Jy kan dalk 'n bietjie vergrote prostaat he wat die simptome veroorsaak - het jou dokter fisies die prostaat gevoel met sy vinger? ( ja ek weet dit is vrek ongemaklik maar dit is baie nodig..!!) Dit is nie goed dat daar gedurig probleme is met urinering nie - as dit so aangaan moet hy jou liewer verwys na 'n uroloog. As mens nie jou blaas goed kan leegmaak nie, bly daar bietjies bietjies urine in die blaas oor wat net kieme kweek.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9326 votes
No
67% - 18774 votes
Vote