Ask an expert
Question

04 Aug 2007

Vaak na ete
Hallo Dok, en baie dankie vir alles wat jy hier doen:-)

Enkele maande gelede het ek dit irritasie begin ervaar van vaak word na ete. Selfs al is ek nie moeg nie en het goed geslaap die vorige nag, word ek steeds vaak na ete. En dit hou maklik vir 'n uur + en daarna is ek weer helder. Wanneer ek vaak word, is dit tesame met enkele oomblike van aan die slaap raak. So vinnig dat dit voel soos bewussyn verloor vir 'n oomblik, (regtig, ek oordryf nie:-) Nooit vroeër jare het ek dit geken nie.

In my onkunde het ek gewonder of dit met bloedsuiker te doen het, en wou vandag as 'n proefneming Glucose koop en na ete drink,
en glo my, ek was in die apteek, en het so bietjie vergeet:-)

Kan my raaiskoot reg wees?

Dave






Answer 1,300 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Dave
Dit kan 'n teken wees dat jou pankreas nie genoeg insulien afskei nie, en dat jou bloedsuiker te hoog bly na etes, jy het 'n 2 uur "postprandial" bloedglukose toets nodig - vra jou GP om dit vir jou te reel. Dit kan soms 'n teken van diabetes wees - ek hoop dit is nie!
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9250 votes
No
66% - 17785 votes
Vote