Ask an expert
Question

27 Feb 2009

Verloor nie gewig
Hi, ek is 34 jaar oud en het 4 jaar terug op gehou met rook en het sowat 10kg opgetel. Ek het al heel wat dië te gevolg en ek het al ons dokter gaan xien wat toetse gedoen het. Die toetse het net gewys dat my cholestrol hoog was. Ek het my dieë t al so aangepas dat dit basies nou net bestaan uit vrugte en groente. Deur die dag et ek yogurt en vrugte. Saans eet ek my vleis met groete of slaai. My stysel inanme het hek drasties gesny, maar ek verloor nie gewig nie. Ek eet al so vir meer as ' n jaar lank. Kan daar enige ander redes wees hoekom ek nie gewig verloor nie?
Answer 627 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Wendy
Dit is moontlik dat jy steeds te veel energie inneem as jy nie daagliks ook aërobiese oefening doen nie. Het die drs jou getoets vir tiroïed-, insulien- en vroulike hormoon wanbalanse? Indien nie, is dit moontlik iets soos insulienweerstand wat jou gewigsverlies belemmer. Ek wil aanraai dat jy 'n kliniese dieetkundige spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal moet kyk of jy wel jou energie-inname genoeg inkort en ook vir jou help met jou cholesterol. Aërobiese oefening sluit in flink stap, draf, touspring, swem, fietsry, roei en dans.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9250 votes
No
66% - 17781 votes
Vote