Ask an expert
Question

17 Feb 2009

Vettie
Liewe Dokter

Ek wil begin aktief raak. Ek is nie mal oor stap nie en hardloop is GEHEEL EN AL uit. My kniee pyn as ek hardloop en moenie vergeet van die feit dat ek soos ' n EEND lyk as ek hardloop nie!!!

Ek het ' n oefen bal wat ek gebruik, maar wil op ' n ander lekker manier aktief raak. Soek ek net ' n TE maklike oplossing of is daar wel so ' n manier?
Answer 634 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Helena
Dit is belangrik om 'n soort oefening te kies wat jy a) van hou, b) in staat is om te doen sonder om jou liggaam seer te maak, bv die gewrigte. Aërobiese oefening help die beste vir gewigsverlies en dit sluit in flink stap, fietsry, swem, roei, aërobiese oefeninge en moderne dans. Oefeninge met gewigte is weer geskoei om spiere te ontwikkel en die liggaam ferm te maak. Ek dink water-aërobika is miskien 'n lekker soort oefening of fietsry al gebruik jy 'n staande fiets.
Ek hoop jy kan iets bedink, want oefening is gesond en help met gewigsverlies.
Geniet die oefening
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9321 votes
No
67% - 18661 votes
Vote