Ask an expert
Question

22 Dec 2002

vreemde aanvalle
Hi
Ek is baie bekommerd, ek het so twee jaar terug begin met die snaakste aanvalle. Ek sal heeltemal ontspanne wees en dan die volgende oomblik begin my kop draai en voel ek naar. Ek kan dan ook nie fokus op enigiets nie. Dit vind nie gereeld plaas nie maar dit raak al hoe erger. Die laaste maal wat dit gebeur het kon ek vir n week voor die tyd gevoel het dit kom. Ek weet dit is nie stres nie want ek voel ontspanne en ook nie megraine nie ,want my kop voel nie seer nie?

Bloedtoetse was gedoen die eerste maal en dit het normaal gewys. Die laaste maal het ek my bloeddruk gemeet en dit was laag en my bloedsuiker was 4. Gewoonlik is my bloeddruk normaal. Dit raak so erg dat ek in die bed moet bly as dit gebeur. Wat kan dit wees?
Answer 743 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Michelle, dis moeilik om te sê wat die probleem is sonder om jou te ondersoek. Dit klink asof dit vertigo mag wees, maar die oorsake is legio. Voordat ek enige iets sê oor vertigo, net eers hierdie waarskuwing. Omtrent alle toestande van balans wat presenteer met vertigo benodig spesialis evaluasie.
Daar is verskeie oorsake vir vertigo en ek kan nie almal hier noem nie. die volgende is die mees algemeenste:
Lengte van vertigo episode = sekondes
Gehoorsimptome teenwoordig => Perilimfatiese fistula
Gehoorsimptome afwesig => Posisionele vertigo, vertebrobassilêre ontoereikendheid, servikale vertigo
Lengte van vertigo episode = ure
Gehoorsimptome teenwoordig => Ménière sindroom, sifilis Gehoorsimptome afwesig => Vestibulêre migraine, herhalende vestibulopatie
Lengte van vertigo episode = dae
Gehoorsimptome teenwoordig => Labirintitis, besering van die labirint Gehoorsimptome afwesig => Vestibulêre neuronitis
Lengte van vertigo episode = maande
Gehoorsimptome teenwoordig => Akoestiese neuroom, geneesmiddels Gehoorsimptome afwesig => Multipele sklerose, serebrale degenerasie

Elke toestand het ‘n spesifieke behandeling en behoort onder dokters toesig plaas te vind. Indien jy spesifiek vrae oor een van bogenoemde toestand (of ander) het, is jy meer as welkom om hulle te vra. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9323 votes
No
67% - 18738 votes
Vote