Ask an expert
Question

30 May 2011

Wat nou?
My 12 jarige dogter het verlede naweek uit geslaap, Saterdag het ek haar kamer aan die kant gekaak toe kry ek n wortel in n kondoom onder haar bed, hoe moet ek die saak hanteer?
Answer 596 views
Expert
Sexologist
sexologist

01 Jan 0001

Seksuele eksplorasie is absoluut normaal; en op haar ouderdom is dit hoogwaarskynlik tipies en dit is goed dat jy eers bietjie dink oor hoe jy dit wil benader aangesien ‘n negatiewe reaksie negatiewe gevoelens of ingesteldheid teenoor haar eie seksuele identiteit tot gevolg mag hê. Indien jy nog nie met haar gesels het oor seks en wat daarmee gapaard gaan – soos persoonlike verantwoordelikheid en reg teenoor haar eie liggaam nie; is dit nou waarskynlik ‘n ideale tyd om dit aan te raak. Die feit dat jy op die wortel en kondoom afgekom het in haar kamer kan maklik ‘n reaksie uitlok van “jy het in my privaatheid gekrap” – wees bedag daarop en dink hoe jy dit graag sou wou benader en wat jy graag sou wou hê dat sy uit julle gesprek moet saamneem. Deur nie te praat oor die sensitiewe aspek nie; gaan nie verseker dat sy nie gaan eksploreer nie – sy behoort te weet dat dit normaal is om te ekploreer en dat dit nie vuil en verkeerd is om seksueel te wonder en te wil prober nie dat sy met jou kan kom praat as jy sou wou – oor enige vrae wat sy het. Ouers se veranwtoordelikheid is om kinders in te lig dat alhoewel die fase van nuuskierigheid normaal is en ingelig te wees oor wat moontlike “gevare” is waarvoor hulle moet uitkyk – swangerskap; seksuele oordraaglike siektes; emosionele gevolge van te vroeg met seks te eksperimenteer; ens. Die gesprek kan positief begin word; deur die ruimte verskigtig te kies – waar julle privaat is en waar jy eerlik is oor hoe jy op dit afgekom het (dat jy nie gekrap het in haar privaatheid nie). Waak teen ‘n situasie waar julle onderbreuk kan word of waar dit gejaag moet word omdat daar verpligtinge is wat aandag moet geniet. Laat haar verstaan dat jy omgee en daar is vir haar. Inden jy nodig het om met ‘n professionele person te gesels voor jy met haar praat kan jy gerus ons hulplyn skakel – 0860 100 262 – waar jy verwys kan word na ‘n sielkundige wat spesialiseer in die veld van seksuele gesondheid.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.