Ask an expert
Question

27 Oct 2006

Wil oorskakel na 6 porsies per dag
Beste Dokter,
ek het oor 'n periode van ongeveer 3 jaar 30kg verloor. Ek het omtrent nog 10kg om te verloor. Ek is vroulik, 1.68m lank en weeg tans 83kg.
My probleem nou is dat ek vanaf Januarie 2006 NIKS gewig verloor nie, ook nie sentimeters nie. Ek stap/draf elke dag ongeveer 5km, en probeer om tenminste 2 keer 'n week by die gim uitkom waar ek 30min op die cross trainer oefen, 20 min op die treadmill, en 30 min gewigte.
Ek eet elke oggend 'n bakkie oats of mielie pap (nie meer as 40g gaar pap nie). Vir middag-ete eet ek gewoonlik 'n appel, piesang, en skyf papaja saam met 'n 175g fat free yoghurt. Die vrugte wissel na gelang van seisoen. Vir aandete eet ek gewoonlik 'n pakke fat free 2 min noodles, 'n 250g pakkie gevriesde groente, gaargemaak in die mikrogolf, en of 'n hoenderborsie of klein bietjie mince of 3 volstruis viennas. Ek eet voor 6 uur in die aand, en daarna niks meer nie.

Ek het nou besluit om maar liewers 6 porsies per dag te eet om te sien of dit nie help nie. Ek het al selfs oorweet om my middag en aandete om te ruil. Sal dit help?
My probleem is dat ek nie 'n idee het van hoe my spyskaart moet lyk as ek 6 porsies per dag wil eet nie. Wat eet ek wanneer en hoeveel daarvan?

Ek is regtig al so moedeloos. Ek wil nie van pille en poeiers gebruik maak om gewig te verloor nie, maar so kan dit ook nie aangaan nie. Dit het 'n verskriklike negatiewe en swartgallige uitwerking op my. Ek probeer so hard, en gee my alles, maar niks gebeur nie. Iewers moet ek dan mos defnitief iets verkeerd doen!?

Dankie by voorbaat, al was dit dan nou ook net sodat ek so 'n bietjie op jou skouer kon huil.

Groete
Answer 951 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste A
Eerstens baie, baie geluk met die verlies van 30 kg - jy is 'n skitterende ***ster***. Volgende keer as jy in die supermark kom, bekyk 30 houers margarien wat elk 1 kg weeg, en besef dan hoe wonderlik jy al gevorder het. Jou huidige BMI = 29,4, wat wel nog in die oorgewig klas val. As jy nou nog 13 kg kan verloor, dan is jou gewig in die normale reikwydte -en dit kan en sal jy regkry. Die feit dat jou gewigsverlies gestop het, kan moontlik te wydte wees aan hormoonwanbalanse, bv insulienweerstand. Ek wil aanraai dat jy 'n kliniese dieetkundige moet spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal vir jou 'n dieet uitwerk gegrond op die glisemiese indeks (GI) wat moontlik 6 maaltye sal insluit. Ek wil graag hê dat jy 'n dieetkundige sien omdat jou huidige dieet nie gebalanseer is nie, en ek bang is dat jy gebreke gaan ontwikkel (bv. kalsium, yster, sink, ens - moontlike oorsake van jou depressie), as jy hierdie dieet al vir 3 jaar volg. Dit is iets wat persoonlike aandag nodig het, en dit kan net tot jou voordeel wees. Hou aan met die oefening, want dit bevorder tog gewigsverlies, hou jou gesond en kan die swartgalligheid teenwerk.
Hoe moed
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.