Ask an expert
Question

05 Feb 2003

witbloedselle in Urine
Dokter, ek was onlangs baie siek met 'n maagvirus, die krampe op my maag was so erg dat ek die dokter gedink het dit kon iets met blaasinfeksie ook te doen hê. Ek het nog nooit blaasinfeksie gehad nie. My urine is laat toets en daar is witbloedselle gevind. My huisdokter is nie oortuig dat die witbloedselle iets te doen kan hê met die maagvirus nie. Wat kan fout wees as witbloedselle in jou urine gevind word?

Answer 5,787 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Louise, witbloedselle in die urien is gewoonlik ‘n teken van ‘n infeksie in die urinêre traktus. Die beste sal wees om ‘n mid-stroom urien monster te stuur vir MK&S (mikroskopie, kweking en sensitiwiteit). Dit sal vir jou sê of daar ‘n infeksie is en wat die beste behandeling daarvoor is. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.