Ask an expert
Question

13 Mar 2003

YSTER TEKORT??
Ek is op Weigh-Less dieet vir 8 weke, en ek baie gesond en kry al my vitamines ens in, maar die afgelope 4 dae het ek aaneen kopseer en ek voel naar, moeg, uitgeput en flouerig, dit is gewoonlik in die aande as ek van die werk af kom. Ek het my bloeddruk laat toets en dit was 140/80, gewoonlik het ek baie lae bloedruk. Kan u my asseblief sê wat dit kan wees, party mense sê dit is ystertekort, maar wat kan ek drink daarvoor wat nie te duur is nie of wat moet ek doen, want dit is regtig nie lekker om so te voel nie... Baie dankie
Answer 638 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Moeg, die slegste ding wat jy kan doen is om sommer net te begin pille drink sonder dat jy weet wat die oorsaak is van die moegheid. Die beste sal wees om eers jou dokter te gaan sien en hom te vra om bloedtoetse te doen om die oorsaak van jou moegheid te bepaal. Dit sluit toetse vir bloedarmoede, yster gebrek, suikersiekte, skildklier probleme, lewer probleme en nier probleme in. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9270 votes
No
66% - 17928 votes
Vote