Ask an expert
Question

13 Jul 2005

alkohol op die hart?????<br>
hi ons is gevra om n taak te doen oor die effek van alkohol op die uitwerking van die hart, kan u asseblief vir my verduidelik daarvan want ek kry nie iewers anders inligting daaroor nie, dit is noggal dringend. Dankie.
Answer 4,026 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Beste Missy,

Ek weet nie hoeveel “detail” jy nodig het nie.

Die effek van alcohol op die uitwerking van die hart is min met ‘n drankie “ per geleentheid”. Daar is wel ‘n mate van inkorting van kontraktiliteit, wat aan tydelike dysfunksie kan lei.

Die belangrike uitwerking op die hart verskyn met langtermyn alcohol gebruik – ja, GEbruik, en nie net MISbruik nie. Na jare se inname, is daar veranderings in die hartspier selle, en die klinise beeld is een van hartversaking. Die hart word vergroot, en kan nie meer effektief pomp nie. Höe drank-inname gaan dikwels gepaard met vitamien tekort, en dit vererger die alkoholiese kardiomiopatie wat nou twee oorsake het.

Die ander uitwerking op die hart kan aangeskryf word aan alkoholiese skade aan ander orgaansisteme, bv lewer, wat met tyd ontwikkel, en sekondêr die hart affekteer.

HeartDoc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9369 votes
No
67% - 19367 votes
Vote