Ask an expert
Search expert health advice:
Browse by expert
- Allergy expert
- Anti-ageing expert
- Arthritis expert
- Breast cancer expert
- Cancer expert
- CyberDoc
- Oral health expert
- Diabetes expert
- EnviroHealth expert
- Family law expert
Bloeddruk witbloedselle natrium en kalium
Dokter, my vrou het baie hoe bloeddruk (150/100) 'n baie hoe witbloed sel telling baie lae kalium en lae natrium telling. Dit is wat die bloedtoetse gewys het. Is leukemie 'n moontlikheid? Die huisdokter was nie baie duidelik nie.
Hallo Pieter,
Ja, die BP is hoog, en ek hoop dat sy op behandeling hiervoor is. Die lae kalium en natrium telling kan miskein toegeskryf word aan verdunning (vloeistof oorlading), maar dan sou haar bloed sel-telling ook laer wees.
Jou huisdokter is reg om te huiwer, want die diagnose van leukemie is ‘n ernstige saak, en word nie net met een bloedtoets gemaak nie. Ek neem aan hy sal die bloedtoets herhaal, om seker te maak dat die uitslag korrek was. Indien wel, sal jou vrou na ‘n haematoloog verwys moet word. Sy sal seker dan ‘n beenmurgontleeding moet ondergaan, om seker te maak. Maar dit sal die spesialis besluit.
Jy is natuurlik baie bekommerd hieroor. Ek sal jou aanraai om so vinnig moontlik by ‘n spesialis uit te kom, om ‘n spesefieke diagnose so gou moontlik te kry.
Sterkte.
HeartDoc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.