Ask an expert
Question

01 Apr 2006

Kardioloog se diagnose
Ek is na 'n kardioloog verwys omdat ek die laaste 3 maande 'n kwaai drukking op my bors ervaar het (voel of iemand op my bors sit) en die kardioloog sê toe my hart lyk nog baie gesond en dat die drukking op die bors die gevolg is van sporadiese hoë bloeddruk. Dis 'n vreemde diagnose, want elke keer as ek die drukking ervaar, meet ek my bloeddruk en dit wissel dan tussen 110/80 en 120/80. Is dit nie dalk eerder die gevolg van spanning nie? Ek is 'n onderwyser wat onder groot druk werk, maar ek ervaar die drukking op die bors selfs in vakansietye.
Ek is 51 jaar oud, nie-roker, gebruik Ternormin en Lipitor, cholesterol 3.6, en ek dink nie ek is oorgewig nie.
Answer 12,866 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Hallo Daantjie,

Die meet en behandeling van hoe bloeddruk kan moeilik wees. Dit is bekend dat bloeddruk sporadies kan styg, en simptome veroorsaak. Stres kan jou simptome verklaar, maar hoe die stress werk is gewoonlik deur bloeddruk op te stoot, en jy sê dat jou BP normaal was met die episodes.

As jy reeds op Tenormin en Lipitor is, moet jou kardioloog jou beskou as ‘n risiko vir kroonaar-siekte. Die Tenormin behoort jou bloeddruk so onder beheer hou, dat dit eintlik nie kan styg nie, self met spanning.

Ek is meer bekommerd oor die moontlikheid van kroonaar-siekte, want jou simptome kan dit moontlik verklaar. Het jou kardioloog ‘n oefenings-EKG gedoen? Het jy ooit TNT probeer om die druk-pyn te behandel? As TNT jou druk-gevoel wegneem, dui dit aan kroonarprobleme.

Die onteenseglike ondersoek vir kroonaar-siekte is ‘n angiogram. Dit is miskien iets om met jou kardioloog te bespreek, as jou toestand nie verbeter nie. Jy mag atipiese angina hê, wat, sonder behandeling, tot ‘n hartaanval kan lei. Let asb wel : ek sê nie dat dit die situasie is met jou pobleem, maar ek noem dit net as ‘n moontlikheid wat jy met jou kardioloog sal moet opneem.

'n Ander moontlike diagnose is slukderm irritasie weens maagsuur terugvloeing. Het jy ooit iets soos Maalox, Mucaine, Gaviscon of enige ander teensuurmiddel probeer?

Ek hoop jy kry gou ‘n antwoord by hom. Sterkte.

HeartDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.