Ask an expert
Question

17 Jul 2006

Knoppies op arms
Ek het wit knoppies op my boarms. Dit is kliphard en mens kan dit uitdruk, maar dit wil net nie weggaan nie. Hulle jeuk van tyd tot tyd en maak bruin vlekkies waar hulle ookal uitkom. Ek sal enige hulp van u kant af waardeer.
Answer 2,924 views
Expert
skindoc

01 Jan 0001

Ek dink die diagnose is keratosis pilaris. Dit is nie 'n raar toestand nie. Daar mag ook asma/hooikoors/ekseem in die persoon self en/of in die familie wees. Soortgelyke letsels kan voorkom op die buitekant van die dye. Gaan vind maar uit by u dokter of die diagnose reg is. Daarna kan ons weer praat oor behandeling. 2-5% salisielsuur of melksuur in 'n vogroombasis mag help en ook preparate wat "tretinoin" bevat.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.