Ask an expert
Question

11 Apr 2006

Nagevolge van bloedrukpille?
Ek is 'n 30-jarige aktiewe sportman wat 3 weke tevore gediagnoseer is met "essensiële hipertensie" en die internis het Ten Bloka 50 mg voorgeskryf. Ek het gister vir die eerste keer nadat ek die medikasie begin neem het, weer aan 'n rugby-oefening gaan deelneem. Toe ek die eerste keer ongeveer 60 meter voluit gehardloop het, het ek gedink my laaste uur het aangebreek, so doodsiek en naar het ek gevoel. Ek moes dadelik gaan lê en het eers na 'n uur gevoel dat ek waarskynlik gaan oorleef. Wat het met my gebeur?
Answer 927 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001

Hallo Jaco,

Ongelukkig spesifeer jy nie wat jou simptome was nie, so ek kan net generaliseer.

Een van die effekte van TenBloka is dat dit ‘n stadige pols veroorsaak, en dit daar hou. So met oefening, kan jou polsslag nie opgaan nie, soos dit normaalweg sou doen, om meer bloed te laat sirkuleer. Dit is moontlik wat gebeur het : as jy skielik van stilstand na voluit gehardloop het, het jou sisteem geen kans gehad om self ‘n bietjie aan te pas nie ( sover as wat die TenBloka dit sal toelaat), en jy sou dan uitasem gevoel het, en self miskien borspyn ervaar het.

Moet asseblief nie jou medikasie net staak nie : raadpleeg jou internis hieroor. Daar is ander medikasie beskikbaar vir hipertensie as die Tenbloka nie met jou akkordeer nie, en hy kan jou ‘n ander voorskrif gee.

Sterkte,

HeartDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19318 votes
Vote