Ask an expert
Question

02 Apr 2006

Nog oor vorige vraag
Verskoon dat ek nog iets oor die vorige vraag wil sê/vra: Wat is TNT? Die kardioloog het wel Alzam voorgeskryf wat blyk te help vir die probleem. (Ja, hy het my 'n stres-EKG laat doen en gesê net 20% van sy pasiënte kan die pas volhou wat hy my laat doen het. Hy het gesê hy sien geen tekens van 'n moontlike hartaanval nie.)
Miskien moet ek ook meld dat die probleem met die drukking op die bors ontstaan het nadat ek die Tenormin vir 6 weke lank gestaak het vir ander medikasie wat toe nie geslaagd was nie. Ek gebruik nou tans weer vir 4 weke lank Tenormin.
Answer 577 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Hallo weer Daantjie,

TNT is ‘n vorm van nitroglycerien, wat as pille onder die tong oplos, of as ‘n sproei in die mond toegedien word. Dit verslap die kroonare, wat dan meer bloed na die hartspier kan bring, en dus die pyn van angina behandel.

Ek is bly dat jy die oefenings-EKG gehad het, en met ‘n goeie resultaat. Ja, miskien was jou bloeddruk nie so goed onder beheer met die ander medikasie soos met die Tenormin nie.

Daantjie, stress kan allerhande uitwerkings hê, en as die Alzam jou simptome gehelp het, dan is dit ‘n tipe van diagnostiese toets. Die Alzam plus Tenormin is seker dan die beste kombinasie vir jou, totdat jou stresvlakke daal, of die oorsaak van die stres uitgesorteer word. Die Tenormin (of iets soortgelyk) sal jy lewenslank moet gebruik, maar die Alzam behoort net oor die kort termyn gebruik te word.

Ek hoop jou simptome nou mooi onder beheer is, en dat jou werk-stres ‘n bietjie afneem. Sterkte.

HeartDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9471 votes
No
68% - 20279 votes
Vote