Ask an expert
Question

11 Jul 2005

Reply
Hi dokter :-)

Hoop dit gaan goed.

Ek wil dokter weereens bedank vir die volledige antwoord.

Hiermee die antwoorde op dokter se vrae:

- Daar is ‘n duidelike pols
- Spiere lyk nie kleiner as ander arm
- Geen verandering in velkleur
- Geen verandering in sensasie van arm/hand
- Net sekere bewegings is pynlik, soos die nekbeweging
- Geen snaakse geluide wanneer nek gedraai word
- Pyn verander wanneer posisie verander word

My pa het ook gesê dat dit ongelooflik seer is as hy sy arm omdraai sodat die handpalm na bo wys. Die draai van die arm vererger ook die pyn tussen die elmboog en skouer veral. By tye is die pyn baie erger sonder fisiese aktiwiteit.

Dankie weereens en alles van die beste daar in Kaapstad met julle daaglikse mediese aktiwiteite.

Groete
Morné
Answer 484 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Hallo weer Morné,

Ja, dit klink al hoe meer soos ‘n tipe ortopediese probleem, en nie ‘n operasie-verwante ding nie.

Probeer om Pa by jou dokter te kry – miskien sal hy ook x-strale laat doen. Ek hoop die problem kom gou reg, en sal graag weer van jou will hoor.

Groete aan Pa.

HeartDoc.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9369 votes
No
67% - 19367 votes
Vote