Ask an expert
Question

09 Jul 2005

Seer bolyf
Hi dokter.

Ek hoop dokter onthou my nog?

Dit gaan baie goed met my pa, behalwe dat hy die laaste tyd verskriklike pyn in sy arms het. Hy se hy dink die dokters het 'n spier of iets afgesny wat die pyn veroorsaak in die arms en skouers. Wat dink dokter kan dit wees? Is dit moontlik dat hulle dalk iets soos 'n senuwee beskadig het toe hulle my pa se bors oopgesny het? Wat kan hy doen wat daarvoor kan help? Sy arm is partykeer so swak dat hy nie eers 'n glas water kan optel nie.

Dokter se raad en hulp word altyd waardeer.

Vriendelike Groete
Morne van Namibia
Answer 1,108 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Beste Morné,

Dit is goed om weer van jou te hoor – ek het baie gewonder hoe gaan dinge met jou Pa.

Dit is nou redelik lank na die operasie, en ek sou verwag het dat as daar wel sulke probleme was, dat hulle vroeër sou verskyn het. Na ope-hart chirurgie, kla baie pasiente van ‘n sort skouer- en rug-pyn. Dit word toegeskryf aan die instrumente wat gebruik word om die borskas wyd oop te rek tydens die operasie. Die ooprek plass abnormale stress op die gewrigte van die ribbekas, heel agter waar die ribbes met die werwelkolom artikuleer.

Maar met dit gesê, moet ek erken day Pa se simptome redelik erg klink. Sy arms behoort nie so swak te wees nie. Ek sou twyfel of dit ‘n komplikasie van die operasie is, maar eerder ‘n nuwe ding. Is hy oor die algemeen swak? is hy moeg? het hy bloedarmoede? is sy bene ook so swak? hoe gemaklik kan hy stap? is dit beide arms? Is sy simptome “genuine”, of is hy nog depressief ? Onthou dat depressie ‘n bekende komplikasie is van hart-chirurgie, en hierdie pasiente sit definitief nie aan nie. Hulle is simptome is eg, en hulle het eg pyn. Maar daar kan soms nie ‘n fisiese verklaring gevind word nie, en hierdie pasiente word baie gehelp met teen-depressie middels. Ek noem dit net as ‘n moontlike diagnose, maar net as alle ander opsies eers uitgeskakel is.

Morné, as dinge nie sommer gou verbeter nie, moet hy by ‘n dokter uitkom. Al die bogenoemde vrae sal ondersoek moet word, met miskien nog ‘n borskas x-ray ook. As daar nie ‘n duidelik, maklik opspoorbaar antwoord gekry word, wat sommer gou met behandeling beter word nie, sal hy weer ‘n spesialis moet raadpleeg. Hier is iets nie reg nie.

Sterkte. Jou Pa kan weereens bly wees dat jy so mooi na hom kyk. Laat weet hoe dit met Pa gaan – ek sal duim vashou.

HeartDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.