Ask an expert
Question

07 Apr 2006

SNAAKSE PYN AAN LINKERKANT/SPIERPYN
EK ERVAARVIR DIE AFGELOPE TYDJIE 'N ONGEMAKLIKE PYN IN DIE LINKERKANT VAN MY BORS.DIT MAAK MY LINKER ARM BAIE LAM.EK KAN NIE LAG NIE,DAN KRY EK SEER.SOMTYDS VOEL DIT SOOS 'N WIND,MAAR WANNEER EK WIND BREEK DAN IS DIT NIE BETER NIE.EK WEET OOK NIE OF EK MISKIEN 'N SPIER SEERGEMAAK HET NIE.EK DRA MY BABA BAIE NET AAN DIE LINKERKANT EN SY WEEG AL 10KG.KAN DIT DIE OORSAAK WEES?DIE LAM PYN GAAN TOT IN MY NEK EN TOT AGTER MY BLAD,ALLES AAN DIE LINKERKANT.OF KAN DIT MY HART WEES.DIT IS DIE TWEEDE KEER.EK IS BEKOMMERD,GEE ASB.RAAD DOK.BAIE DANKIE
Answer 54,017 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Hallo Pinky,

Ja, die gereelde dra van swaar gewigte kan probleme veroorsaak, as die gewig nie eweredig versprei word nie. Om ‘n kind net aan een kant van jou liggaam te dra, plaas groot stress op die spiere en skelet. Swaar gewigte behoort net in die middle van die lyf gedra te word, en styf teen die lyf, met die rug regop. Met ander woorde, dit moet gebalanseerd wees.

Maar jou simptome kan ook op ‘n nek of skouer probleem dui, met ‘n moontlike geknypte senuwee. As beweging of enige spier-gebruik dit vererger, is die kans groter dat dit so ‘n probleem is.

Maar, jou vraag is of dit die hart kan wees : jy noem geen ander simptome wat by hartsiekte pas nie, so ek sou geneig wees om nee te sê. Om seker te wees, kan jy jou GP vra om ‘n EKG te doen, en dan een of ander anti-inflammatoriese middle voor te skryf. As die EKG normaal is, en die pille help, is dit seker iets anders. Moet nie van die nek vergeet nie – nek probleme kan soortgeylke simptome gee. As jy dan x-strale moet laat neem, en dit tog ‘n nek-probleem wys, is daar net een ding wat jy asseblief MOET vermy. Moet nooit jou nek laat manipuleer nie. Daar is geen beswaar of vendettas teen chiropractors ens nie, maar daar is pasiente wat paraplegies geword het na sulke manipulasies. Manipulasie van ander liggaamsdele dra nie hierdie risiko nie, so dis net oor die nek waar daar gewaarsku word.

As jou baba nou 10kg weeg, is dit seker tyd dat hy/sy begin stap en minder rondegedra word. Of hoe? Jy sal nie ‘n 10kg sak aartappels heeldag wil rondra nie, en die dra van jou kind kan soveel skade aan jou doen as daardie sak aartappels wat dieselfde weeg.

Ek hoop jy kom gou reg – ons was almal deur die baba-dra dae. Sterkte.

HeartDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
31% - 9519 votes
No
69% - 20841 votes
Vote