Ask an expert
Question

18 Apr 2006

Voldoende oefening vir hart?
Ek was by die kardioloog vir 'n EKG en hart-skandering. Die kardioloog het my sterk aanbeveel om genoeg oefening te doen. Die enigste oefening wat ek kry, is om met my fiets daaglikse take te verrig soos brood te gaan koop, pos te gaan uithaal, ens. M.a.w alles wat ander mense met die motor doen, doen ek met my fiets. Maar my vriende sê dit help niks as ek nie lang aaneenlopende oefening doen nie (20 minute aanmekaar of meer). Op die oomblik ry ek slegs kort ente met die fiets, nooit verder as 1 kilometer op 'n slag nie, want alles op ons plattelandse dorp is naby mekaar. Baat dit my niks om 7 of 8 keer daagliks kort oefeninge (± 5 minute elk) te doen nie? Ek is 53 jaar oud. Ek rook nie en is gesond behalwe hoë bloeddruk en cholesterol wat onder beheer is.
Answer 2,879 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001

Hallo Kevin,

Ja, basies is enige oefening beter as geen oefening. In die verlede, was mense totaal behep met die idée van polsslag, of minute oefening ens, dat hulle oorboord gegaan het oor die hele kwessie van oefening. Deesdae word daar gevoel dat gereelde matige oefening aangemoedig moet word, omtrent 30 minute per slag, so drie keer per week. Daardie 30 minute moet “gehalte “minute wees. Die gemikte polsslag was in die verlede bereken as 70% van ( 220 minus jou ouderdom)= die gewenste polsslag per minuut. Deesdae word daar egter gevoel dat solank die oefening jou effens uitasem laat voel, en ‘n bietjie laat sweet, is dit goed genoeg. En verder, kan die 30 minute se oefening opgemaak word deur 3 x 10 minute per dag te oefen, mits dit gehalte oefening is vir die volle 10 minute ( sweet, ens)

As jy nou “in training” is vir ‘n marathon of ernstig sport doen, sal jou oefening heel anders wees. Maar as oefening vir jou gesondheid, kan jy tog aangan met jou fietsry. Maar jy sal wel harder en ‘n bietjie langer moet ry, per slag, om egter baat te kry daardeur. Jy sal miskien vind dat jou bloeddruk afkom soos jy meer fiks word, en self jou cholesterol sal verbeter, veral die HDL cholesterol.

Sterkte, - en ry daardie fiets!!

HeartDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9380 votes
No
67% - 19432 votes
Vote