Ask an expert
Question

15 Jul 2010

1376 - Terugvoering
Hallo dok

Ek was by die urologg en hy het ''n sonar van die blaas, niere en prostaat gedoen. Urinetoets wys normaal. Hy vermoed dis weer ''n terugslag van die interstisiele sistietis. Hy sê  dat Penicillien nogals ''n neiging het om sensitiewe blase om te krap. Hy het my Tramacet voorgeskryf en gesê  ek moet iets neem om my urinesuur te verminder. Hy het ook gese daar is ''n produk uit Q-Urol vir mans wat hierdie tipe simptome sal behandel. daar is nie amptelike behandeling vir die toestand nie, behalwe vir Elmiron oorsee, maar dis nie in SA beskikbaar nie.

Hy sê  dat Atarax en Enablix ook gebruik word vir IC. Aterax om die mast selle te verminder en ook histamien. Die Enablix is om die urinere frekwensie te verminder. Hy het wel genoem dat ek NIE cranberry sap moet drink nie, want dit sal my simptome erger maak (wat ek toe uitgevind het toe ek dit gister gedrink het!)

Ek hoop maar die simptome raak beter....
Answer 1,021 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Eugene
Die Aterax maak nogals vir my ook sin. Die cranberry sap is seker te suur vir die sensitiewe blaas? Weet jy Eugene, sommige siektes soos interstitiele sistitis en spastiese kolon is nie geneesbaar nie, maar kan "bestuur" word. Mens moet besluit om as jy 'n opflikkering kry, doelbewus nie toe te laat dat jy paniekerig raak nie, maar dit wat jy oor tyd geleer het goed werk vir jou, toe te pas om so gou as moontlik oor die akute fase te kom. En nie alles werk ewe goed vir alle mense nie. Mens moet jou ook nie aan ander mense steur nie, en probeer om goed wees vir jouself en ook simpatie te hĂȘ met jouself, en dinge stadiger te vat as jy nie lekker voel nie. Het hy vir jou bietjie Aterax en Enablix voorgeskryf?
Dr Betsd
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19965 votes
Vote