Ask an expert
Question

22 Jul 2008

26 mnth old boy
My seuntjie is fris en gesond. Maar ek sukkel met die alewige toeneus met slaaptyd. Het Zertyc gebruik toe Allecet en toe Allergex chronies, tot die goed nie meer wil werk nie. Ek het laas week Clarines gebruik en nou is ek op Adcoflupain wat maar die beste werk. Dit bevat die volgende bestandele: Elke 5ml bevat Tripolidien-HCI 0.625mg, pseudoefedrien-HCI 15mg, parasetamol 125mg en alcohol 9.6?v/v
Preserveermiddels: Metielhidoksibensoaat 0.12% m/v, propielhidroksibensoaat 0.02%m/v. Is dit veilig? Wat staan my te doen as die 10dae verby is? Hy haat neusspuit of neus druppels. En ek sweer al die goed het hom dependant daarop gemaak, hy gaan slaap baie baie moeilik sonder dit en as ek dit nie gebruik vir so 3dae nie het hy weer die erge toeneus simptone in die middel van die nag wat dan oorgaan in verkoue!! Ek is RAADOP! Wat moet ek doen??
Answer 1,566 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Mommy
Mens kry ongelukkig 'n "rebound" toe neus van al die dekongestante! Van die middels wat pseudo efedrien bevat is nou teruggetrek en mag nie meer vir kinders gegee word nie agv slegte newe effekte. Mens moet maar die antihistamiene so elke 3 maande afwissel - ek dink hulle word tog tolerant daarteen.
Ek dink jy moet dalk maar 'n oor neus en keel spesialis met hom gaan sien - miskien sal 'n kort kursussie kortisoon stroop die siklus breek.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.