Ask an expert
Question

16 Mar 2007

aaklige "goeters" op boude
help my asb asb asb!!!

My dokter het vir my advies gegee om nie meer brood met gis te eet nie, nadat ek vir hom gevra het hoe kan ek my vel (op my gesig en op my boude)glad kry vir my troudag. Ek het nou-al vandat ek kan onthou n knoppie-uitslag op my wange (dit is nie wit/swartkoppies nie). Skoonheidsspesialiste gee ten duurste vir my produkte om te gebruik en dermatoloe ten duurste medikasie wat ek moet drink (wat weer ander newe effekte veroorsaak) en niks werk regtig nie.
nog erger is dat ek tipe puisies/pitswere op my boude het, waarvoor dokters my ook al salf en so voorgeskryf het, wat dit n bietjie verlig het, maar nie genees het nie.
ek bad af en toe in n detol bad, maar ook dit is nie effektief nie!
Kan julle my asb help met advies oor wat ek nou moet doen om seker te wees wat dit is en wat ek moet doen om dit gesond te kry? help help help!!!!!
Answer 12,499 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo LB
Probeer: bad met Hibiscrub seep, gebruik Bactroban op enige puisies wat uitkom bo of onder, en in jou neus. Moenie handdoeke of waslappe deel nie, laser behandeling mag die merke minder maak. Check ook jou ystervlakke in jou bloed en neem vit C aanvullings.
Sien http://www.dermatologychannel.net/follicle/folliculitis.shtml
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.